Home   Tuisgemaakte Kunsprojekte   Witbord Drukkuns

Witbord Drukkuns

Gebruik ‘n witbord en verf om kleurvolle afdrukke te maak!!
Witbord 1Benodighede:
A4 of A3 Witbord
Tempera verf in verskeie kleure
Verfkwaste
Papier of karton

Omdat van die pigment in die verf soos die rooi en pers moontlik die witbord effens kan verkleur, raai ek dit aan om ‘n aparte witbord aanteskaf wat slegs vir die kuns projekte gebruik word.
IMG_2152Begin deur om ‘n prentjie op die witbord te verf met die tempera verf.
Wend die verf lekker dik om die verf langer nat te hou.
IMG_2157

Plaas die papier of karton versigtig bo-op die geverfde witbord.
vryf saggies oor die papier om seker te maak die verf word oorgedra vanaf die witbord na die papier.

IMG_2154

Lig die papier weereens versigtig en daars die afdruk!!
Maar die witbord skoon deur om dit dadelik met ‘n nat lappie aftevee en verf ‘n tweede en selfs ‘n derde prent!!

Hou die geverfde witbord klam deur dit met water in ‘n fyn spuitbotteltjie te spuit.
IMG_2163 IMG_2165

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*