Home   Tuisgemaakte Kunsprojekte   Vrolike Flaminke

Vrolike Flaminke

Met my besoek aan die kunswinkel kon ek net nie die pragtige pink vere weerstaan nie. Ek het toe dadelik begin beplan aan ‘n kunsprojek rondom die vere.

Flaminke 1

Benodighede:

Waterverf
Pink Tempera of kunsvlyt verf
Oliepastelle (Die wat ek gebruik het was ‘n ‘metallic’ oliepastel stel)
2H potlood
Waterdigte swart kokipen (Sharpie)
Arts & Crafts gom
Sagte haar verfkwas, water en papier handdoek
Sponsie
Pink vere
Pypskoonmakers
Ogies
A3 wit karton
Klein stukkie karton

Flaminke 2Ek het besluit om flaminke te verf en dan die vere bo-op te plak. Met die A3 blad voor my het ek die lyfvorm bepaal. Ek het dit op ‘n afval stukkie karton geteken en uitgeknip. Die lyfvorm word gebruik om plasing en grote van die flaminke te bepaal. Ek het in een van my kunsboeke inspirasie vir my agtergrond getrek en dit gekombineer met ‘n growwe sout en waterverf tegniek.

Flaminke 3Ek het die lyfies en agtergrond saggies met ‘n 2h potlood geteken. Onthou om die neklyn van uit die lyfie te begin en dan die kop sommer als in een te trek. Ek het al my lyne nagetrek met die swart waterdigte koki (Sharpie). Ek het ‘n sponsie gebruik om die gedeelte bo die waterlyn wat dus die lug is nat te spons en dan met ligblou waterverf te ver.

Flaminke 4Ek het gedeeltes van die lug met ‘n papierhandoek geklat. Daarna het ek die water gedeelte ook lekker nat gespons en dit met verskillende kleure blou waterverf geverf. Die kleure het in mekaar in gevloei. Strooi growwe sout bo-oor die nat waterverf gedeelte om ‘n interessante tegniek te skep.

Flaminke 5Ek het die grond geverf met gele en bruine. Stoot die growwe sout effens weg vanaf die flaminke en trek die flaminke se lywe na met pink oliepastel.

Flaminke 6Gebruik pink verf om die flaminke te verf. Indien jy nie pink het nie meng wit en rooi saam. Verf al drie flaminke. Los als ‘n oomblik om droog te word. Gooi die growwe sout versigtig af. Indien jy nie die waterlyn en landlyn vroeër nagetrek het nie kan dit nou gedoen word. Ek het ook met blou oliepastel die waterlyn getrek asook met groen en goud grassies geteken. Teken snawels vir die flaminke en kleur in met ‘n oliepastel.

Flaminke 7Knip die pink vere korter en plak dit bo-op die lyfies. Ek het ook van die stukkies vere op die koppies geplak en dan die oog bo-oor. Bepaal en knip die lengte van die pypskoonmakers. Buig die pypskoonmakers en plak.
Rond die prent af deur om met ‘n blou oliepastel water rimples te teken.

IMG_0525 IMG_0530

(Erkenning gegee aan 365 Things to Draw and Paint Usborne Activities)

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*