Home   Tuisgemaakte Klei   Soutklei

Soutklei

Ongekookte soutklei is prettig en kindervriendelik.
Omdat daar niks hitte betrokke is by die resep nie kan kinders heelwat deel neem aan die maak proses van die soutklei.

Daar is verskillende soutklei resepte, ek het die spesifieke klei resep gebruik en ek hou van die elastisiteit wat die klei bied.
Die soutklei het nie gekraak of bros geraak met die uitdroging nie.
Die resep lewer baie klei wat handig te pas kom as daar verskillende kleureskemas benodig word.

Soutklei 1

Soutklei Resep:

4 koppies koekmeel
1 koppie sout
1½ koppies water
2 eetlepels kookolie

Meng die meel en sout in ‘n mengbak.
Meng die water en olie geleidelik by en roer aanhoudend.
(Opsioneel: Voeg 1 teelepel voedselkleursel by die mengsel.)
Meng totdat die mengels ‘n stywe, kniebare deeg vorm.
Knie die klei ‘n paar keer om dit  sag en elasties te maak, strooi meel soos nodig.

Die uitdroogtyd van die klei hang af van die hoeveelheid en dikte klei wat gebruik is in die skeppings.

Soutklei 2

Uitgedroogte soutklei kan ook geverf word.

Soutklei 3Geniet die klei!

 

 

2 Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*