Home   Tuisgemaakte Klei   Soutklei Pret!

Soutklei Pret!

Klei is ‘n prettige as sowel opvoedkundige aktiwiteit wat kleuters kreatiewe vryheid bied.
Klei kan gekoop of tuisgemaak wees.

Klei 1Ongekookte souklei is eenvoudig om te meng en kan sommer met Mamma se hulp deur die kleuter gemeng word vir ‘n verdere sensoriese ervaring.
Kleur en geur is ook altyd aanloklik sowel as verskeie klei gereedskap, rolletjies, koekie drukkers, klei messies ens.

Klei 8

Deur die kleuter die geleentheid te gee of self die klei te verken, sowel as leiding te bied waar nodig, verseker waardevolle ontwikkeling. ‘n Verskeidenheid van klei-kleure bied ook die kleuter die geleentheid om met kleurvermenging te eksperimenteer.

 

Laat die kleuter die klei plat op die kleibord druk met hulle handpalm of plat rol met ‘n klei rollertjie. Druk vingerpunte, kneukels of elmboë in die klei vir interesante afdrukke. Klei 3Rol die klei in ‘n balletjie gebruik beide die linker en regter hand om die balletjie te rol.
Lig die balletjie in die lug en rol tussen die twee handpalms.

 

Rol lang slangetjies beide op die kleibord sowel as in die lug tussen die twee handpalms.
Kyk hoe lank hulle die slangetjie se lyfie kan maak.

 

Klei 2Rol klei in kleiner balletjies, laat die kleuter ‘n balletjie klei optel met een hand en ‘n lekker harde druk gee sodat die klei deur die vingers borrel en ontspan.  Gee die ander hand ook ‘n beurt.

Klei 5Onder toesig, laat die kleuter toe om die klei te knip met ‘n ouderdomsgepaste skêr.

Klei 6

Kombineer klei spel met verskeie kunsvlyt items soos, knope, ogies, vere ens. Dit lei tot unieke kunswerkies.
(Mamma, hou maar ‘n ogie om te kyk dat die kunsvlyt items slegs vir die klei gebruik word.)

Klei 7

 

One Comment

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*