Home   Tuisgemaakte Klei   Mikrogolf Soutklei

Mikrogolf Soutklei

Mikrogolf Soutklei

Hierdie is ‘n gewone gekookte soutklei resep wat in die mikrogolf verhit word in stede van op ‘n stoofplaat.

IMG_1305

250ml water

1 eetlepel olie

125ml sout

1 eetlepel kremetart

250ml koekmeel

Optioneel: voedselkleursel

Gebruik ‘n hittebestand bak om die kleimengsel in die mikrogolf te verhit

Meng die water, olie, sout en kremetart saam in die bak.

Plaas in die mikrogolf vir ongeveer 2minute verwyder sodra die mengsel begin borrel en bruis.

Meng die koekmeel by en roer, los die mengsel ‘n oomblik om af te koel sodat dit geknie kan word.

Om te verhoed dat die mengsel uitdroog plaas ‘n nat lap oor die bak.

Sodra die klei koel genoeg is om aan te vat knie die deeg tot dit ‘n elastiese bal vorm.

Klei 2

Klei

Bere die klei in ‘n lugdigte houer of alternatief los die soutklei skeppings buite om uittedroog.

IMG_1332

 

One Comment

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*