Home   Tuisgemaakte Klei   Mielieblom & Koeksoda Klei

Mielieblom & Koeksoda Klei

Ek het hierdie tuisgemaakte klei resep uit een van my kunsboeke gesnuffel en hou baie daarvan.
Die klei word heelwat vinniger as soutklei lugdroog. Die klei beskik oor ‘n ligte, gladde tekstuur.
Weereens omdat daar hitte betrokke is by die maak van die klei is die voorbereidingsproses slegs geskik vir ‘n volwassene.

1 koppie Mielieblom (Cornstarch)
2 koppies Koeksoda
1 ½ koppie Koue water
Verskillende kleure voedselkleursel

Gooi al die bestanddele behalwe die voedselkleursel in ‘n pot.
Verhit die pot oor ‘n medium hitte.
Roer aanhoudend tot ‘n gladde tekstuur.
Verlaag die hitte sodra die mengsel begin borrel en verdik.
Hou aan die mengsel roer totdat die mengsel wegtrek van die kante en saamtrek.
Verwyder die mengsel van die hitte gooi die klei in ‘n bak, bedek die bak met ‘n nat vadoek sodat die klei kan afkoel.

Moet nie die klei te lank so los nie, dit word hard.
Sodra die mengsel afgekoel is bêre in ‘n lugdigte houer.
Verdeel die klei en knie 1 of ½ teelepel voedselkleursel by die verdeelde klei om meer as een kleur klei te skep.

Koeksoda Klei

Laat kiddies toe om kreatiewe skeppings te maak en los die klei skeppings om lugdroog te word.

Koeksoda klei 2

 

 

2 Comments

  • Loraine vd Berg

    Word die klei self droog of kan jy dit bak

    • Mari de Kock

      Hallo, die koeksoda klei word self droog, ek is nou juis besig om ‘n projek daarmee te beplan en my klei is huidiglik besig om uittedroog. Ek sien die klei droog wel vinnig uit terwyl mens daarmee werk so hou ‘n bietjie water byderhand as die klei te bros word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*