Home   Tuisgemaakte Klei   Klei Projek- Oulike Olifante

Klei Projek- Oulike Olifante

Dala se ‘Air Drying Clay’ Olifante!

Klei Olifant 2

Kleiwerk is ‘n lekker maar ook belangrike aktiwiteit vir kinders. Ek is al lankal opsoek na ‘n klei wat uitdroog sonder dat dit in ‘n pottebakkersoond moet gevuur word. Dit was ook vir my belangrik dat die klei kindervriendelik is.

Dala se ‘Air Drying Clay’ voldoen aan die vereistes. Met die klei het die KiddieKuns kinders oulike olifante gevorm.

Klei Olifant 5

Die olifante is huidiglik besig om uittedroog, na 24uur kan mens sien dat die klei besig is om wel te verhard en die kleur van die klei verlig ook. Die doel is om die olifantjies te verf met ‘n kunsvlyt verf.

Alhoewel die klei deur die ASTM (D4236) goedgekeur is, beveel ek dit wel eers aan vir kinders 6 jaar en ouer sowel as onder toesig. Maak seker dat hulle die klei na gebruik goed van hulle handjies afwas.
Vir kleuters en peuters werk soutklei maar nog die beste.

Klei Olifant 3

Die nat klei is ‘n ‘terrecotta‘ kleur en is baie sag en elasties, dit vorm maklik. Voue, lyne of plooie in die klei vryf maklik uit. Omdat dit ‘n klei is wat deur die lug gedroog word meot dit in ‘n lugdigte houer gestoor word as mens nie als op een slag gaan gebruik nie. Terwyl die kinders aan die olifante gewerk het kon mens voel die klei droog geleidelik uit en dus is dit goed om ‘n klein bietjie water byderhand te hou net om die bros klei weer nat te maak.

Klei Olifant 1

Omdat die klei lyfie van die olifant te swaar was het ons die olifante se pote apart gehou om droog te word. Sodra als uitgedroog is gaan ons die pote aan die lyfie plak met Bostik se ‘Arts and Craft Glue’ en dan net die gapings opvul met van die oorblywende klei.  Klei Olifant 4

Sodra die olifante droog en die klei hard is gaan ons dit verf.
Oliefant

 

Te oulik! Ek en die kiddies is baie beindruk met die klei!

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*