Home   Tuisgemaakte Klei   Gekookte Soutklei

Gekookte Soutklei

Klei bly ‘n fantasiese kunsmedia en kiddies voel aangetrokke om met klei te werk en te skep.
Omdat klei ‘n medium is wat met die hande gemanipuleer moet word om vorm te vat, bied dit ook waardevolle ontwikkeling vir jou kiddie.
Daarom is gereelde klei spel nie net pret nie maar ook belangrik.

Soutklei is iets waarmee ons grootgeword het en bly tog maar ‘n goeie, nie-giftige, natuurlike klei waarmee kinders kan werk.

Gekookte Soutklei:

Die is ‘n basiese resep vir gekookte soutklei. Verskillende variasies van die klei kan geskep word deur om voedselkleursel of geursel by te voeg.
(Gekookte soutklei word voorberei deur middel van hitte, daarom is die voorbereidingsproses van die klei slegs geskik vir ‘n volwassene.)

2 koppies koekmeel
1 koppie sout
500ml water
2 eetlepels sonneblomolie
4 teelepels kremetart

Meng al die droë bestandele saam in ‘n pot.
Voeg water en olie by die droë bestandele.
Kook die mengsel oor ‘n lae tot medium hitte, roer aanhoudend totdat die mengsel van die kante af wegtrek en ‘n bal vorm.
Verwyder die pot van die hitte en los klei om aftekoel.
Sodra die klei afgekoel is, knie dit deur.
Bêre die klei in ‘n lugdigte houer.

Skepping wat met soutklei gemaak word kan uitgedroog of gebak word en daarna geverf word.

Geniet die klei kiddies!

Gekookte soutklei

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*