Home   Archive by category "Tuisgemaakte Verf"

Category Archives: Tuisgemaakte Verf

Tuisgemaakte Vingerverf

Hier is ‘n resep vir tuisgemaakte vingerverf! ½ koppie Koekmeel ½ koppie Koue water 1 teelepel Voedselkleursel 1 teelepel Voedselgeursel (opsioneel) Meng al die bestanddele saam in ’n mengbak en roer deeglik om van al die klonte ontslae te raak. Die verf-mengsel moet ‘n gladde tog stywe tekstuur besit. Gooi die tuisgemaakte vingerverf in ‘n plastiekbakkie. Herhaal  die resep vir ‘n tweede of derde
Meer Inligting »


Vingerverf vir Kiddies

Vingerverf is ‘n morsige, prettige aktiwiteit vir peuters, kleuters en kinders! Vingerverf bied kiddies die geleentheid om direk met die verf in kontak te kom en bied ‘n sensoriese ondervinding omdat kinders die tekstuur, kleur en geur van die verf kan waarneem en beskryf. Gereelde vingerverf aktiwiteite dra by tot fynmotoriese ontwikkeling en oefen die vingerspiertjies wat later belangrik is vir teken en skryf.
Meer Inligting »


Gepofte Mikrogolf Verf

Gepofte Mikrogolf Verf ½ koppie Bruismeel (Self Raising Wheat Flour) ½ koppie Koue water 2 eetlepels Sout 2 teelepels Voedselkleursel (½ koppie koekmeel gemeng met 2 eetlepels bakpoeier kan as ‘n plaasvervanger vir bruismeel gebruik word.) Meng die bruismeel, sout en water in ‘n bak en roer tot ‘n gladde mengsel. Verdeel die mengsel en voeg die voedselkleursel by. Pas die resep aan as
Meer Inligting »