Home   Archive by category "Tuisgemaak vir Kersfees"

Category Archives: Tuisgemaak vir Kersfees

Gemmerbrood- mannetjies vir Kersfees!

‘n Kersfees ‘bak en brou’ projek om 2013 aftesluit! Een van my gunsteling sprokies om vir die kinders te lees is die ‘Gemmerbroodmannetjie.’ So deur die jare het ek al ‘n hele versameling van gemmerbroodmannetjie drukkers bymekaar gemaak juis vir ‘n ‘bak en brou’ projek. Vir die projek kan enige gemmerkoekieresep gebruik word, ek het wel die resep wat ek gebruik het se bestanddele
Meer Inligting »


Soutklei Kersboom Ornamente

Benodighede: Groen Gekookte soutklei (Die resep is beskikbaar op die webwerf) Verskillende Kerfees koekiedrukkers Strooitjie Kleirollertjie Kleibord of skinkbord Lint  of blink tou Verskillende versierings, kraletjies, blinkertjies, pypskoonmakers, klokkies ens. Metode: Mammas berei die gekookte soutklei voor en laat die klei afkoel. (Bêre ongebruikte klei in ‘n lugdigte houer in die yskas.) Sodra die klei afgekoel is, knie dit ‘n paar keer deur om
Meer Inligting »


Kersfees Bokkie!

Die toiletrolletjie is ‘n alledaagse item wat met ‘n bietjie verbeelding ontskep kan word in kunstige pret. Benodighede: Bruin ‘tempera’ verf en verfkwas Toiletrolletjies Wit gom Skêr Pypskoonmakers ‘Googly’ ogies Blink pom poms Lint Klokkies Instruksie: Druk bruin verf uit en laat die kiddie die toiletrolletjies bruin verf, laat om droog te word. Terwyl die toiletrolletjie droog word kan mamma die pypskoonmakers in die
Meer Inligting »


Kersfees Tyd!

Die Kersgety is my gunsteling tyd van die jaar. Vir my is dit ‘n tyd vir dankbaarheid, kreatiwiteit en die mees belangrikste familietyd. Die doel agter die kersprojekte is dat Mamma en kiddie dit saam beplan, voltooi en die mooi daavan geniet. Handgemaakte Kersboomballe: (Mamma help met die voorbereiding en gesamentlike voltooiing van die projek.) Benodighede: Polistireen balle (verskillende groottes) Kersgeskenkpapier (Laas jaar se
Meer Inligting »