IMG_9151

Ysie Kryte

Ysie kryte is ‘n prettige, maar morsige kunsprojek en is dus ‘n perfekte buite-aktiwiteit vir die warm somersdae. Deel van die pret is om te sien hoe die ysie tussen die kiddies se vingers smelt. Resep: Meng water met voedselkleursel of koeldrankstroop of vrugtesap. Giet die mengsel in ysbakkies. (Optioneel: plaas roomysstokkies in die ysie mengsel en vries. Geniet die ysie kryte!  


Vingerverf 1

Tuisgemaakte Vingerverf

Hier is ‘n resep vir tuisgemaakte vingerverf! ½ koppie Koekmeel ½ koppie Koue water 1 teelepel Voedselkleursel 1 teelepel Voedselgeursel (opsioneel) Meng al die bestanddele saam in ’n mengbak en roer deeglik om van al die klonte ontslae te raak. Die verf-mengsel moet ‘n gladde tog stywe tekstuur besit. Gooi die tuisgemaakte vingerverf in ‘n plastiekbakkie. Herhaal  die resep vir ‘n tweede of derde
Meer Inligting »


KiddieKuns-VingerVerfCover

Vingerverf vir Kiddies

Vingerverf is ‘n morsige, prettige aktiwiteit vir peuters, kleuters en kinders! Vingerverf bied kiddies die geleentheid om direk met die verf in kontak te kom en bied ‘n sensoriese ondervinding omdat kinders die tekstuur, kleur en geur van die verf kan waarneem en beskryf. Gereelde vingerverf aktiwiteite dra by tot fynmotoriese ontwikkeling en oefen die vingerspiertjies wat later belangrik is vir teken en skryf.
Meer Inligting »


IMG_8994

Gepofte Mikrogolf Verf

Gepofte Mikrogolf Verf ½ koppie Bruismeel (Self Raising Wheat Flour) ½ koppie Koue water 2 eetlepels Sout 2 teelepels Voedselkleursel (½ koppie koekmeel gemeng met 2 eetlepels bakpoeier kan as ‘n plaasvervanger vir bruismeel gebruik word.) Meng die bruismeel, sout en water in ‘n bak en roer tot ‘n gladde mengsel. Verdeel die mengsel en voeg die voedselkleursel by. Pas die resep aan as
Meer Inligting »


Meelblom & Koeksoda Klei

Mielieblom & Koeksoda Klei

Ek het hierdie tuisgemaakte klei resep uit een van my kunsboeke gesnuffel en hou baie daarvan. Die klei word heelwat vinniger as soutklei lugdroog. Die klei beskik oor ‘n ligte, gladde tekstuur. Weereens omdat daar hitte betrokke is by die maak van die klei is die voorbereidingsproses slegs geskik vir ‘n volwassene. 1 koppie Mielieblom (Cornstarch) 2 koppies Koeksoda 1 ½ koppie Koue water
Meer Inligting »


Soutklei 2

Soutklei

Ongekookte soutklei is prettig en kindervriendelik. Omdat daar niks hitte betrokke is by die resep nie kan kinders heelwat deel neem aan die maak proses van die soutklei. Daar is verskillende soutklei resepte, ek het die spesifieke klei resep gebruik en ek hou van die elastisiteit wat die klei bied. Die soutklei het nie gekraak of bros geraak met die uitdroging nie. Die resep
Meer Inligting »


Gekookte soutklei

Gekookte Soutklei

Klei bly ‘n fantasiese kunsmedia en kiddies voel aangetrokke om met klei te werk en te skep. Omdat klei ‘n medium is wat met die hande gemanipuleer moet word om vorm te vat, bied dit ook waardevolle ontwikkeling vir jou kiddie. Daarom is gereelde klei spel nie net pret nie maar ook belangrik. Soutklei is iets waarmee ons grootgeword het en bly tog maar
Meer Inligting »


Feature Les

KiddieKuns Les

Voorbeeld van ‘n KiddieKuns les. Met herfs aan die kom en die bome se blare wat verkleur, was dit vir my ‘n inspirasie om so bietjie kleur vastevang voor al die blare van die bome verdwyn vir die winter. Om my kunstenaartjies te inspireer het ons eers na verskillende tipes bome en vorms van blare gekyk. Daarna het ons na ander kunstenaars se ‘boom
Meer Inligting »


DSC_1608a

Die KiddieKuns Klas

Dit was vir my so lekker om die klassie te versier, om elke plekkie van die muur te bekyk en dan geinspireer te raak oor wat daar moet kom. Ek wou ‘n vrolike, vriendelike atmosfeer vir die ‘kiddies’ skep. Kuns is mos pret, maar pret met ‘n doel! Die klassie is ruim en goed belig. Ek sien baie keer hoe bekyk die kindertjies die
Meer Inligting »


Kleuter en Kuns

Kleuter en Kuns

Ons is baie opgewonde oor die nuwe kunsgeleentheid nou beskikbaar vir ons kleiner kinders tussen vyf (5) en agt (8) jaar oud (Graad R tot 3). Kuns beteken nie net ‘n interessante tydsverdryf om ons kinders mee besig te hou nie, kuns het ‘n baie groter waarde: Fisiese Ontwikkeling Teken, inkleur, knip, plak en verf bevorder fyn motoriese verwikkelinge asook hand- oog koördinasie en
Meer Inligting »